2407 aktiewe gebruikers Teken aan Registreer Na mobiele weergawe |
|||
SI is 'n afkorting vir die Internasionale Stelsel van Eenhede (uit Frans: Le Système International d'Unites). Dit is die moderne vorm van die metrieke stelsel en is die wêreld se mees gebruikte stelsel van meting in die alledaagse handel en wetenskap.
Dit bestaan uit 'n samehangende stelsel van eenhede van meting, gebaseer op sewe basiseenhede, 22 benaamdes en 'n onbepaalde aantal naamlose samehangende afgeleide eenhede, asook 'n stel voorvoegsels as desimale vermenigvuldigers.
Indien ’n kombinasie van ’n getal en ’n SI-simbool met ’n ander woord verbind, word die spasie tussen die getal en die simbool behou. Byvoorbeeld:
’n SI-simbool word nie deur ’n punt gevolg nie, behalwe as dit aan die einde van ’n sin voorkom. Byvoorbeeld: