2407 aktiewe gebruikers Teken aan Registreer Na mobiele weergawe |
|||
In geskrewe, getikte of gedrukte tekste is daar soms te min plek in ’n reël om nog ’n volledige woord in te pas. So ’n woord mag afgebreek word deur ’n koppelteken op ’n bepaalde plek in te voeg en die woord op die volgende reël te laat aangaan. Dit word volgens bepaalde reëls gedoen. Daar is ook woorde wat nie afgebreek mag word nie.
’n Eenlettergrepige woord word nie aan die einde van ’n reël afgebreek nie. Byvoorbeeld:
Indien ’n meerlettergrepige woord aan die einde van ’n reël afgebreek word, word die koppelteken op daardie reël geplaas en word die woord op die volgende reël voltooi. Byvoorbeeld:
Woorde word grotendeels volgens verdeling in lettergrepe afgebreek. Byvoorbeeld:
Woorde moet verkieslik op betekenisvolle plekke afgebreek word en herkenbaarheid moet in gedagte gehou word. Byvoorbeeld:
Indien ’n woord wat normaalweg met ’n deelteken geskryf word aan die einde van ’n reël afgebreek moet word, is die deelteken opsioneel (AWS, reël 1.7). Die koppelteken neem as 't ware die funksie van die deelteken oor. Byvoorbeeld:
Waar twee konsonante langs mekaar in ’n woord staan, soos ’n dubbel ll, kk, rr, ss, tt of pp, kan die woord tussen hulle afgebreek word. Byvoorbeeld:
Eiename en plekname word verkieslik nie afgebreek nie.