12 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-04-2024 só ingevul:
Die Departement van Landbou is besig om 'n nuwe ........ in werking te stel.
wyn-van-oorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel
wynvanoorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel
slegs wyn van oorsprong stelsel
slegs wyn van oorsprong-stelsel
Indien ʼn woordgroep van drie of meer woorde (“wyn van oorsprong”) wat op sigself nie gekoppel word nie, in ʼn samestelling optree saam met ʼn bykomende woord of woorde (“stelsel”), word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder ʼn koppelteken vas aan die res geskryf (AWS 12.21).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Wat is die korrekte manier om die woord "bauxiet" oor twee reëls af te breek?
baux-iet
bau-xiet
As "x" tussen vokaalletters staan, word daar ná die "x" afgebreek (AWS 1.16).
Sien ook die bladsy Woordafbreking.
Ag wat, hierdie verslag sal ook maar weer ........ die doofpot gestop word.
onder
agter
onderaan in
Die idioom "iets in die doofpot stop" beteken 'daar sal nie weer aandag aan gegee word nie'. ʼn Doofpot is ʼn outydse houer waarin kole uitgedoof is. (Bron: WAT)
Iemand wat van Moskou (die hoofstad van Rusland) kom, word ʼn "Moskowiet" of "Moskouer" (sonder ʼn deelteken-e) genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)