08 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-09-2026 só ingevul:
Die vyand het hulle met moderne wapens ........ .
geoorweldig oorgeweldig oorweldig geöorweldig
Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n “ge-“ in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die alewige inmenging van haar skoonma is 'n groot ........ vir Alida.
ieretasie irritasie irretasie
Vokaalreduksie kom voor wanneer 'n vokaal wat in 'n swak, beklemtoonde posisie is, verder verswak word tot 'n [ə]-klank. In hierdie geval word die woord "irritasie" uitgespreek as [irə'tɑ:si], wat tot verkeeerde spelling aanleiding kan gee.
My tannie-hulle toer nie graag deur ........ nie.
Ooseuropa oos-Europa Oos-europa Oos-Europa
By meerledige geografiese name, hetsy los of met 'n koppelteken vas geskryf, begin elke deel van die naam met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Hoogwater tydens volmaan of nuwemaan staan bekend as springgety. 'n Sinoniem vir springgety is ........ .
springvloed springty of springvloed hoogvloed springty
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)