3178 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Idiome, spreuke en spreekwoorde

Idiome word ook gesegdes of segswyses genoem, terwyl party mense dit ook spreekwoorde noem. Die betekenis van die uitdrukking is nie altyd duidelik nie en word gewoonlik aangeleer. Idiome is ook dikwels (maar nie altyd nie) deel van 'n sin en kan tot 'n beperkte mate variasie vertoon. Byvoorbeeld:

  • Hy draai mos altyd so maklik sy mantel na die wind.
  • Jong, kyk maar die kat eers goed uit die boom.

Ander idiome is meer versteend. Byvoorbeeld:

  • Aardjie na sy/haar vaartjie.

Spreuke word deur sommige mense spreekwoorde of spreekwoordelike uitdrukkings genoem. Dit is dikwels vaste sinne wat een of ander waarheid verkondig en waarvan die betekenis maklik afgelei kan word uit die woorde van die sin. Byvoorbeeld:

  • My oupa het altyd gesê: "Jy krap met 'n kort stokkie aan 'n groot leeu se gat."
  • Salomo het gesê: "Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry."

Spreuke is gewoonlik nie deel van die woordeskat nie, maar word wel as geheel aangeleer.

 

Lees meer

Vir 'n uitgebreide lys van spreekwoorde en idiome, sien Anton Prinsloo se Spreekwoorde uitgegee deur Pharos of kyk by www.gesegdes.co.za.






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties