12 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-04-2024 só ingevul:
Die woord "party" in die volgende sinne is 'n ........ . Party mense vind dit moeilik om met ander saam te werk. 'n Nuwe politieke party is onlangs gestig.
antifoon
sinoniem homoniem
homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “party” (‘sommige’) en “party” (‘politieke groep’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Daar is nog ses ........ oor voor die eksamen.
lessens
lese lesse
leste
Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1). Die "s" word verdubbel om die eerste "e" kort te hou.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
In die kamp in die wildtuin kon ons snags die leeus hoor ........ .
brul
balk
blaf
brom
Leeus brul, bere brom, honde blaf en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Die kindjie is nie meer 'n baba nie, sy is nou 'n peuter. Wat is die woordsoort van "peuter" in bostaande sin?
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “peuter - die peuter – peuters”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)