12 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-11-2026 só ingevul:
Die motorhandelaar verskaf onder andere ........ .
Nissanonderdele of Nissan-onderdele slegs Nissan-onderdele slegs Nissan onderdele slegs Nissanonderdele
Eienaamverbindings as soortnaam of massanaamwoord waarin die eienaam as eerste lid optree, word slegs vas geskryf, met of sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Ná die pouse kom twee ........ vir blokfluit en hobo aan die beurt.
duo's duos duös duö's
Woorde wat op ʼn “i”, “o”, “u” en ʼn beklemtoonde (lang) “a” eindig, word in die meervoud met ʼn afkappingsteken geskryf.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Tant Saar ........ net so aanhoudend soos die henne op oom Piet se plaas.
krys kekkel gaggel koer
Kraaie krys, duiwe koer of kir, ganse blaas.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
As die ........ wil, sal sy gesond word.
here heere Here Heere
Verwysings na die Opperwese word met ’n hoofletter gespel.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)