Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Eienaamsamestellings

Eienaamverbindings wat as eiename optree, kan op een van vier maniere geskryf word.

  • Sonder 'n koppelteken vas:
    • Izikomuseum
    • Royalhotel
    • Eiffeltoring
    • Iscorhoofkantoor 
    • Unescogrondwet 
  • Met 'n koppelteken vas en met 'n hoofletter na die koppelteken:
    • Iziko-Museum
    • Royal-Hotel
    • Eiffel-Toring
    • Iscor-Hoofkantoor
    • Unesco-Grondwet
  • Met 'n koppelteken vas en met 'n kleinletter na die koppelteken:
    • Iziko-museum
    • Royal-hotel
    • Eiffel-toring
    • Iscor-hoofkantoor
    • Unesco-grondwet
  • Los en elke deel met 'n hoofletter:
    • Iziko Museum
    • Royal Hotel
    • Eiffel Toring
    • Iscor Hoofkantoor
    • Unesco Grondwet

 


 

Eienaamverbindings wat as soortname optree, en waar die eienaam as eerste lid optree, word met of sonder 'n koppelteken vas geskryf. Byvoorbeeld:

  • Mercedes-Benztoerbus of Mercedes-Benz-toerbus
  • Nissanonderdele of Nissan-onderdele
  • Tafelbergpublikasie of Tafelberg-publikasie
  • Januarievergadering of Januarie-vergadering
  • Vrydagsessie of Vrydag-sessie


 

By eienaamverbindings wat as soortname optree en wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte, gevolg deur 'n eienaamgedeelte, word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken geskryf. Byvoorbeeld:

  • dubbelloop-Remington
  • hoëtrou-Samsung
  • stoet-Jersey
  • vierdeur-Mazda
  • volbloed-Bonsmara

 


 

By samestellings wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte, gevolg deur 'n eienaamverbinding as soortnaam, word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas geskryf. Byvoorbeeld:

  • dubbelloop-Remingtongeweer of dubbelloop-Remington-geweer
  • tweetoring-Hindoetempel of tweetoring-Hindoe-tempel


Eienaamverbindings met 'n syfer of simbool as eerste lid en 'n eienaam as die ander lid word met 'n koppelteken vas geskryf. Byvoorbeed:

 

  • 4x4-Nissanbakkie
  • V8-Ford
  • .22-Walther





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties