Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Dieregeluide

Dieregeluide is werkwoorde wat gebruik word om die geluide wat diere maak te beskryf. Die woorde is dikwels klanknabootsing van die klank wat die dier maak, maar nie altyd nie. Die interpretasie van hierdie geluide verskil egter van taal tot taal. 

 

Hier is 'n paar voorbeelde:

  • Beeste bulk of loei
  • Bere grom
  • Bokke blêr
  • Donkies balk
  • Duiwe koer, kir of roekoek
  • Hane kraai
  • Henne kekkel
  • Henne kloek (wanneer hulle hul kuikens roep)
  • Hiënas lag
  • Honde blaf (maar hulle kan ook knor, grom of tjank)
  • Jakkalse huil of tjank
  • Kalkoene koel-koel (Engels gobble)
  • Katte miaau (of hulle spin wanneer hulle ’n brommende geluid maak)
  • Kraaie krys
  • Leeus brul
  • Meeue krys
  • Muise piep
  • Olifante trompetter
  • Perde runnik
  • Skape blêr
  • Slange sis
  • Voëls sing, fluit , kwetter, kwinkeleer of tierelier
  • Wolwe huil of tjank
  • Uile roep (Engels hoot)

 

Lees meer

Sien die Afrikaanse Makro Gids, uitgegee deur Pharos, vir meer voorbeelde. Sien ook Wikipedia vir 'n groeiende lys van dieregeluide.






Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties