1749 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 28 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-10-2026 só ingevul:



Mag hierdie beraadslagings 'n ........ lewer tot die oprigting van 'n onderwyspilaar.
60 %reusebydrae 
39 % (afgerond)reuse bydrae
reus bydrae
1 % (afgerond)reusbydrae

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Weens tegniese probleme het die ........ besluit om terug te draai na die lughawe.
fliënier
89 % (afgerond)vlieënier 
flieënier
10 % (afgerond)vliënier

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Daardie ........ daar bo teen die berg, is bobbejaan se kind!
7 % (afgerond)gehoes
2 %gehuil
4 %gegrom
87 % (afgerond)geblaf 

'n Bobbejaan blaf, wolwe en jakkalse huil, bere grom en kangaroes hoes.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



Ons sing graag met Kersfees "Die ........ is gebore".
hyland
Hyland
98 % (afgerond)Heiland 
2 % (afgerond)heiland

Verwysings na die Opperwese word met ’n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties