1938 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-11-2025 (vlak 3)



vorige toets 03 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-11-2025 só ingevul:



'n ........ is 'n verband wat van lig rekbare materiaal gemaak is.
34 % (afgerond)slegs Crêpeverband
62 % (afgerond)Crêpeverband of Kreipverband 
4 % (afgerond)slegs Kreipverband

Woorde van vreemde oorsprong het soms twee moontlike spellings: die "vreemde" (oorspronklike) spelvorm, en die verafrikaanste spelvorm. Hierdie twee spelvorme word dan as wisselvorme van mekaar beskou. "Crêpe" en "kreip" ('soort weefstof') is 'n voorbeeld van wisselvorme.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



Dit is ........ en seker dat die Noordpool se ysdek stelselmatig besig is om te smelt.
14 % (afgerond)beslis
18 % (afgerond)waar
68 % (afgerond)wis 

Die uitdrukking "wis en seker" beteken 'sonder die geringste twyfel'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ was geskok oor die hofuitspraak.
75 % (afgerond)terdoodveroordeelde 
6 % (afgerond)ter doodveroordeelde
1 % (afgerond)terdood veroordeelde
18 % (afgerond)ter dood veroordeelde

"Terdoodveroordeelde" is 'n samestellende afleiding wat bestaan uit 'n woordgroep ("ter dood veroordeel") en 'n agtervoegsel ("-e").
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Wat is die korrekte manier om die woord "brosjure" oor twee reëls af te breek?
61 % (afgerond)bros-jure
2 % (afgerond)brosj-ure
37 % (afgerond)bro-sjure 

Indien 'n "s" en 'n "j" saam as die klank [ʃ] uitgespreek word, word daar nie tussen hulle afgebreek nie (AWS 1.13). Daarbenewens word daar volgens natuurlike verdeling in lettergrepe afgebreek, d.w.s. "bro-sju-re" en nie "brosj-u-re" nie.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties