2982 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Tussenklas

Soms het woorde van vreemde oorsprong twee moontlike spellings – die “vreemde”, oorspronklike spelvorm en die verafrikaanste spelvorm. Die twee spellingsvorme word as wisselvorme beskou.

 

Voorbeelde van woorde wat volgens sowel ’n vreemde as ’n Afrikaanse spelwyse gespel word, sluit in:

  • Africana of Afrikana
  • broccoli of brokkoli
  • guano of  ghwano
  • chronologies of kronologies
  • marathon of maraton
  • restaurant of restourant
  • saxofoon of saksofoon
  • traumaties of troumaties

 

Woorde van vreemde herkoms wat gedeeltelik volgens ’n vreemde en gedeeltelik volgens die Afrikaanse spelwyse gespel word, sluit in:

  • elite
  • eskudo
  • geisja
  • gimkana
  • hidroulies
  • kibboets
  • kwadrupleeg

Teenoor hierdie tussenklas van woorde staan verafrikaanste woorde (waarvan die spelling soos gewone Afrikaanse woorde lyk) en vreemde woorde (waarvan die spelling soos in die oorspronklike taal behou word). Woorde wat uit Afrikatale geleen is, vertoon ook unieke patrone.

 

Lees meer

 

Lees hoofstuk 18 in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.

 






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties