11 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-06-2026 só ingevul:
........ is teen die reëls van die skool.
Stokkies draai Strikkiesdraai Strikkies draai Stokkiesdraai
As iemand "stokkiesdraai", bly hy/sy sonder toestemming weg van skool.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Oupa het gister vir my gesê dit klink vir hom of my motor se aansitter ........ iets makeer.
'starter' ("starter") "(starter)" starter
Vertalings word tussen hakies geskryf, gewoonlik in skuinsdruk of tussen aanhalingstekens.
Sien ook die bladsy Hakies.
Uitdrukking: Buig of ........ .
bars suig breek
Die uitdrukking "buig of bars" beteken 'dit moet, kom wat wil'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Het jy al die ........ Toring van Piza besoek?
skewe Skeef skeef Skewe
Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)