Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Hakies

Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit 'n vertaling is, of as ons 'n wisselvorm wil aandui. Byvoorbeeld:

  • Ek was gister (Vrydag) by die dokter.
  • Jy moet die klos (coil) eerste verwyder.
  • Die sesde deel van Mozart se Requiem staan bekend as die Agnus Dei (Lam van God).


As 'n hele sin tussen hakies is, kom die hakie voor die eerste woord en ná die punt. Byvoorbeeld:

  • Ek doen gewoonlik my inkopies by Spar. (Spar is 'n groot, internasionale kettingwinkel.)

As net 'n paar woorde in 'n sin tussen hakies is, maar die woorde is aan die einde van die sin, kom die punt ná die hakie. Byvoorbeeld:

  • Ek doen gewoonlik my inkopies by Spar ('n groot, internasionale kettingwinkel). 





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties