2977 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Gebruikersrekeninge

Lees hier wat met jou gebruikersrekening gebeur as jy geregistreer het.

  • Gebruikersrekening
    'n Gebruikersrekening by Beter Afrikaans bestaan uit jou (by)naam, 'n e-posadres en 'n wagwoord. Die (by)naam en wagwoord mag jy self uitdink en hoef ook nie uniek te wees nie. Moet egter nie 'n wagwoord gebruik wat jy ook vir banksake, ensovoorts gebruik nie. 
  • E-posadres = aantekennaam
    Omdat 'n e-posadres altyd uniek is, gebruik ons jou e-posadres as aantekennaam.  
    Nadeel: twee gesinslede kan nie met dieselfde e-posadres deelneem nie. Oplossing: vra 'n tweede adres aan by jou diensverskaffer, of registreer vir 'n e-posadres by Hotmail of Gmail.
    Voordeel: jy hoef nie een of ander unieke gebruikersnaam uit te dink nie.
  • Voltooi jou registrasie binne een week
    Nadat jy geregistreer het, sal jy 'n e-pos met 'n skakel waarmee jy jou registrasie moet bevestig, ontvang. Doen dit binne een week, anders word jou besonderhede weer verwyder (en dan moet jy wéér registreer). 
  • Daaglikse kennisgewing
    As jou registrasie afgehandel is, sal jy elke werksdag 'n e-pos kry om jou te herinner om die toets te doen. Op die bladsy Profiel kan jy bepaal op watter dae jy hierdie e-posse wil kry. 
  • Hoe om die e-posse te stop
    Jy moet wel geregisteer wees om elke dag die toets te voltooi, maar jy het nie die e-pos daarvoor nodig nie. Jy kan die e-posse stop op die bladsy Profiel. Maar moenie vergeet om elke dag die toets in te vul nie, nè!
  • E-posse stop vanself na twee maande
    As jy twee maande na mekaar nooit 'n toets ingevul het nie, word jou daaglikse e-posse ook stopgesit. Op dié manier voorkom ons gemorspos. Daarna bly jou gebruikersrekening nog vir 'n maand aktief, so jy kan steeds aanteken. 
  • Outomatiese kansellasie na drie maande
    As jy drie maande na mekaar nooit die toets gedoen het nie, neem ons aan dat jy nie meer geïnteresseerd is nie. Jou gebruikersrekening word dan bevries (maar nie gedeaktiveer nie). Om weer aan die gang te kom, moet jy net weer jou gebruikersrekening aktiveer. As jou poging om aan te teken misluk, kry jy 'n e-pos met 'n aktiveringskode.
  • Hoe om jou deelname tydelik of permanent te stop
    As jy jou deelname wil stop, teken dan aan en kies in die menu Staak deelname. Jy kan daarna kies tussen AFTEKEN en STAAK DEELNAME. Kies Staak deelname. Van dan af kry jy nie meer e-posse nie. 
  • Daaglikse toets
    As jy op elke werksdag die toets voltooi, sien jy dadelik watter vrae jy reg of verkeerd beantwoord het. 





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties