2977 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Bepalings en voorwaardes

Enkele bepalings en voorwaardes wat vir Beter Afrikaans se webwerf (www.beterafrikaans.co.za) en apps (Android/iOS) geld:

  • Beter Afrikaans is 'n gratis diens.
  • Beter Afrikaans sal nooit jou persoonlike gegewens aan derde partye beskikbaar stel of verkoop nie. 
  • Ons doen alles in ons vermoë om alle inligting op Beter Afrikaans teen kuberkrakers te beskerm, maar kan helaas nie waarborg dat een of ander karnallie nie dalk deur ons sekuriteit kan breek nie.
  • Ons gebruik van tyd tot tyd die inligting op Beter Afrikaans vir akademiese navorsing, vir navorsing om Beter Afrikaans te verbeter, of vir interessante feite in die media (byvoorbeeld watter woord die moeilikste was die afgelope jaar, ensovoorts). Vir hierdie tipe navorsing gebruik ons slegs jou geslag en geboortejaar (as jy dit ingevul het), asook jou vlak van deelname en jou uitslae. Alle navorsing sal altyd volkome anoniem geskied: jou naam en e-posadres sal nooit deel wees van die navorsing nie.
  • As jy vir ons 'n e-pos stuur met kommentaar of voorstelle, kan ons dit op die webwerf publiseer of implementeer. As ons byvoorbeeld jou kommentaar publiseer, sal ons slegs jou voornaam gebruik.
  • Jy gebruik al Beter Afrikaans se dienste (webwerf en app) op eie risiko.
  • Ons probeer om te sorg dat alle inligting op Beter Afrikaans korrek is. Ons kan egter nie waarborg dat alle inligting 100% korrek is nie. Jy kan dus nie Beter Afrikaans op enige manier verantwoordelik hou vir inligting wat jy hier gekry het nie.
  • Die kopiereg van Beter Afrikaans behoort aan Trifonius en Martin van Toll Producties. Moet dus asseblief nie die inligting probeer steel nie; kontak gerus vir Gerhard van Huyssteen as jy enige van die inligting elders wil gebruik.





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties