2977 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Reaksies

Reaksies van gebruikers via e-pos, Facebook of Twitter

 

Ek weet nie hoeveel webtuistes is daar op die Internet nie, maar Beter Afrikaans is, wat my betref, onder die top tien. Ek is baie bly dat ek op die baie besondere webtuiste afgekom het.

- Danie 

 


Ek het hierdie week eers geregistreer en geniet dit vreeslik. Gaan definitief sodra skole weer open aan my kinders in Gr 5 en 11 se Afrikaanse onderwysers stuur om aan die res van die klas oor te dra.

- Corna (op Facebook)

 


Doen jou taalvaardigheid 'n guns en volg @beterafrikaans. Dis soos skool maar sonder pakslae en klam, plat toebroodjies.

- Chris (@chrischameleon op Twitter)

 


Anders as wat ek gedink het, vind ek Beter Afrikaans baie stimulerend en hou nogal daarvan. Dit neem min tyd in beslag en die verduidelikings is leersaam. Jy kan jouself op die skouer klop vir die inisiatief.

- Christine

 


Dankie vir die lekker uitdagings elke oggend. Ek leer baie.

- Annalize

 


Ek geniet beterafrikaans.co.za baie – en sien uit om elke oggend die toets te doen. 

 

Elk geval, ek wil ‘n voorstel maak. Hoewel jy kan twiet oor jou rondte wat jy gespeel het, moet julle ook die opsie beskikbaar stel om jou uitslag op Facebook te deel. Só kan jy jou vriende op FB uitdaag – die blootstellingpotensiaal op Facebook (veral onder Afrikaanssprekendes) is groter.

 

Nóg ‘n voorstel is dalk ‘n rangleer op die webtuiste?

 

Maar, wel gedaan met ‘n baie opwindende projek!  

 

- Wilmer

 

Ons is besig om beide hierdie voorstelle te implementeer in Beter Afrikaans. Dankie vir jou insette!

 


Ek voel ook om uit die bad te spring en "Eureka!" in die straat te skree! Uiteindelik deurgedring. Dankie vir julle moeite. Nou vir die toetse! Dis so 'n oorspronklike idee. Ek's nuuskierig om te sien waarheen dit oral sal lei.

 

- Cecilia

 


Sinds ik vorige week bij "Beter Spellen" van uw "webwerf" hoorde, maak ik er dagelijks gebruik van en zou u bij dezen graag van harte voor dit prachtige initiatief willen danken.

Ook voor anderstaligen, niet-Afrikaanstaligen, zoals mijzelf is de site heel goed geschikt om uw taal (beter) te leren kennen. Ik vind het hartverwarmend om te zien dat uw vragen en uitleg nog van een geloof in de rede(gave) van de gebruikers getuigen en niet aan de algemene tendens van "makkelijke taal" en het afstandnemen van correcte grammaticale uitleg en uitdrukkingen toegeven.

Ik zou het wenselijk vinden dat u in de toekomst de grammaticale en lexicale uitleg ten behoeve van mensen als mijzelf nog iets zou kunnen uitbouwen.

Maar ik hoop vooral dat u initiatief een lang leven beschoren is.

 

- Andreas

 


Wil jou net gou laat weet ek is heeltemal mal oor beterafrikaans.co.za! Dis lekker vinnig en ek leer regtig elke dag iets. Dis lekker dat mens nie nodig het om te gaan soek vir die taalreël nie; dis sommer net daar. 

- Susan

 


Welgedaan! Wat 'n verfrissende bydrae tot Afrikaans.

- Chris

 


Veels geluk met julle webwerf!  Ek sien dat julle 'n ikoon het waarop mens kan klik om jou resultate te twiet.  Wil julle nie asseblief een vir Facebook ook skep nie?  Dit sal julle webwerfadres baie vinnig bekendstel.

- Hendrik

 

Ons is besig om 'n oplossing te implementeer waar jy ook jou uitslag op Facebook sal kan deel. Ons sal almal in kennis stel wanneer dit moontlik is. Dankie vir die voorstel!

 


Dankie vir die lekker toetsie elke oggend.

- Annalize

 


Pas die nuutste toets gedoen. Werklik van groot nut. Dankie!

- Hendrik

 


Ek is Nederlands en probeer sedert dese week Beter Afrikaans te leer.......vind het baie leuk.

- Nina

 


Ek is al amper oud (dertig ;) ), en ek geniet die toetsies baie. Ek sal wel hou daarvan as die taalreëlverklarings gepaard gaan met nog voorbeelde van hoe die reël toegepas word.

- Mari (op Facebook)

 

As jy op die skakels klik by elke antwoord, kry jy dikwels meer voorbeelde op die webblad.

 


Ek is Belgies, bly in België. Ek praat Nederlands en het Afrikaans op my eie bemeester. Ieder dag maak ek die toets..... en ek is 50 jaar :)

- Liesbeth (op Facebook)

 


Maak dit asb. toeganklik vir gewone selfone.

- Albert (op Facebook)

 

Dit is ongelukkig onmoontlik om voorsiening te maak vir alle selfone, aangesien die programmatuur web-gebaseerd is. Jammer!

En iewers in 2015 kry julle boonop 'n app vir Android en iPhone!

 


Ek doen elke dag die toets en geniet dit terdeë.

- Zirkëa (op Facebook)

 


Net 'n opregte woordjie van dank. Ek gee Afrikaans Tweede Taal by 'n skool in XXX en die hele skool doen elke dag julle 4 vragies. Die leerlinge geniet dit vreeslik en raak baie opgewonde as hulle al die vrae reg antwoord. Daar is nou uiteindelik 'n rede om die grammatika te leer en verstaan. Julle is besig met iets groot. Hou so aan!

- Marius


Ik vind het leuk om iedere dag deze test te doen. Ik woon in Amsterdam in Nederland.

- Jaap


 

 







  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties