3170 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Privaatheid

Koekies van Beter Afrikaans

Hoekom maak hierdie webwerf van koekies gebruik?

Om die toetse te doen en jou puntestand by te werk, moet jy aanteken. Omdat dit ʼn beslommernis sal wees as jy op elke bladsy weer moet aanteken, stoor hierdie webwerf ʼn koekie op jou rekenaar. Solank as wat jy nie afteken of jou webblaaier toemaak nie, bly die koekie bestaan en is dit byvoorbeeld moontlik om na jou persoonlike puntestand te kyk. Regs boaan die bladsy kan jy sien watter gebruiker aangeteken is.

 

As jy "Onthou my" kies wanneer jy aanteken, word die koekie bewaar as jy jou webblaaier toemaak. Jy hoef dan ʼn volgende keer nie weer aan te teken nie. Dit is veral gemaklik om dit so te doen as jy die enigste gebruiker van ʼn spesifieke rekenaar is.

  • Die koekie bevat geen sensitiewe persoonlike gegewens soos wagwoorde nie.
  • Die koekie word nooit met ander webwerwe gedeel nie.

 

Koekies van Google Ad Sense

Die Google-advertensies wat op die webwerf verskyn, word soms deur Google aangepas op grond van jou webgebruik (soos byvoorbeeld as jy voorheen ʼn (kommersiële) webwerf besoek het wat ʼn spesiale Google-koekie op jou rekenaar gestoor het). Jy sien dan wel soms advertensies van iets waarin jy voorheen belanggestel het.






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties