3155 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 06 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-05-2024 só ingevul:



Die telefoonlyn is beset.
Wat is die woordsoort van "beset" in bostaande sin?


21 % (afgerond)attributiewe byvoeglike naamwoord
37 % (afgerond)predikatiewe byvoeglike naamwoord 
4 % (afgerond)beperkende byvoeglike naamwoord
37 % (afgerond)beskrywende byvoeglike naamwoord

'n Attributiewe adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n besette gebied”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die telefoonlyn is beset".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Jaco gaan ........ saam met sy meisie.


38 % (afgerond)huistoe
2 % (afgerond)huis-toe
60 % (afgerond)huis toe 

Bywoordelike verbindings wat bestaan uit 'n selfstandige naamwoord en "toe" word los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




'n ........ eksaminator sal die vraestelle merk.


2 % (afgerond)Ekstêre
97 % (afgerond)Eksterne 
1 % (afgerond)Ekstern

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Idioom: Iemand se ........ is hoog.


10 % (afgerond)stem
2 % (afgerond)salaris
80 % (afgerond)koors 
9 % (afgerond)hart

Die uitdrukking "iemand se koors is/loop hoog" beteken 'iemand is verlief'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties