3170 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Klankverwarring

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Die belangrikste sondebokke is f/v, d/t (aan die einde van 'n woord) en y/ei. Byvoorbeeld:

 

f/v

  • vyf  en nie *vyv of *feif nie (ons kry nooit in Afrikaans 'n v aan die einde van 'n woord nie)
  • finansiële en nie *vinansiële nie
  • vee verwys na diere (vee in Nederlands), 0f om iets met 'n besem skoon te maak (vegen in Nederlands), teenoor 'n fee wat in kinderverhale voorkom (fee in Nederlands)

d/t  (Om te bepaal of 'n woord eindig op 'n d of t, kan jy dit verbuig (byvoorbeeld meervoud); as jy in die verboë vorm 'n d hoor, dan skryf 'n mens dit met 'n d in die enkelvoud.)

  • hond en nie *hont nie (in die meervoud hoor jy die d: honde)
  • wed wat beteken 'om 'n kans te waag' (jy hoor die d in weddenskap), teenoor wet wat verwys na 'rëels en regulasies' (in die meervoud hoor jy die t: wette

Uitsondering: Beide "belt" en "beld" is korrek (die meervoude vir beide woorde is "belde").

 

y/ei

  • lei beteken 'voorloop' (soos ook in leierskap en leivoor), teenoor ly wat vertaal word met 'suffer' (soos ook in lydingsweg of kankerlyer)
  • feit beteken 'waarheid' (soos ook in feitlik), teenoor fyt wat verwys na 'n tipe sweersel

'n Ander vorm van klankverwarring waarvoor 'n mens versigtig moet wees, is wanneer 'n letter anders uitgespreek word as normaalweg. Dit kan dan maklik tot spelfoute lei. Byvoorbeeld:

  • b x p (absoluut word uitgespreek en verkeerd gespel as *apsoluut)
  • d x t (randsnyer word uitgespreek en verkeerd gespel as *rantsnyer)
  • v x w (diversiteit word uitgespreek en verkeerd gespel as *diwersiteit)

Die [ε]-klank word in Afrikaans op verskillende maniere geskryf. Byvoorbeeld:

  • die [ε]-klank in
  • die [ε]-klank in perd
  • die [ε]-klank in bed

 






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties