2982 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Konsonantverdubbeling

Gewoonlik word die konsonant verdubbel wat volg op 'n kort vokaal wat die hoofklem van 'n woord dra. Byvoorbeeld:

  • kassie
  • manne
  • tennis
  • bessie
  • vinnig
  • liggaam
  • bossie
  • mossel
  • bussie
  • perkussie

Let op die spelling van die volgende woorde:

  • baseer
  • frikkadel
  • interessant
  • papegaai
  • tameletjie

Die rede hoekom die vokale nie verdubbel word nie, is omdat die konsonant nie volg op die hoofklem van die woord nie.

 


Konsonante wat volg op woorde met 'n lang vokaalklank wat die hoofklem dra, word ook nie verdubbel nie. Byvoorbeeld:

  • briefie
  • energieke
  • familie
  • bruto
  • fuga
  • vader
  • moenie
  • kater

Om die klank kort te hou in woorde wat vervorm word, word die konsonant verdubbel. Byvoorbeeld:

  • rok - rokkie
  • blok - blokkeer
  • lig - liggie
  • bos - bossie
  • stof - stoffeer
  • adres - adresseer
  • landskap - landskappe
  • aanval - aanvalle

As die vokaalklank lank is, word die konsonant nie in die vervormde woord verdubbel nie. Byvoorbeeld:

  • skaap - skape
  • skoot - skote
  • rekruut - rekrute
  • bioskoop - bioskope





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties