1749 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 23 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-10-2026 só ingevul:



Anna het nog geen oefening gedoen ........ die hokkieseisoen nie.
sedirt
99 % (afgerond)sedert 
seedirt
1 % (afgerond)seedert

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Idioom: As dit ........ reën, moet 'n mens skep.
9 % (afgerond)manna
90 % (afgerond)pap 
1 % (afgerond)hard
sneeu

Die idioom "as dit pap reën, moet 'n mens skep", beteken ''n mens moet elke geleentheid benut'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die regering het nog geld bekom om ........ vir MIV-pasiënte gratis beskikbaar te stel.
44 % (afgerond)anti-retrovirale middels
3 % (afgerond)anti retrovirale middels
53 % (afgerond)antiretrovirale middels 

Woorde soos "antiretrovirale" word sonder ’n koppelteken geskryf, omdat dit geen leesbaarheidsprobleme veroorsaak nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Groot dele van die Vrystaat en Noordwes gaan vanjaar ........ onder een van die ergste droogtes in dekades.
1 % (afgerond)gebik
11 % (afgerond)gebukkend
gebikkend
88 % (afgerond)gebuk 

Die woord "gebuk" beteken 'vooroor geboë' en 'n mens gaan "gebuk" onder 'n las; die woord "gebukkend" beteken 'in 'n gebukte houding', byvoorbeeld "gebukkend" loop.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties