1796 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 11 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-09-2026 só ingevul:



Die Britse museum is vol ........ van oor die hele wêreld.
rariteits
1 % (afgerond)rarityds
1 % (afgerond)rarityte
98 % (afgerond)rariteite 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Francois was die ........ wat hulle in die moeilikheid laat beland het!
1 % (afgerond)dweep
86 % (afgerond)voorbok 
11 % (afgerond)slimjan
2 % (afgerond)agteros

Die uitdrukking "voorbok" word van iemand gesê wat die 'leier' is.
In Engels praat hulle van "the ringleader".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



" ........ ! Wat gaan ons vanoggend doen?
2 % (afgerond)Goeie Môre
goeie Môre
23 % (afgerond)Goeie môre
75 % (afgerond)Goeiemôre 

Normaalweg skryf ons byvoeglike naamwoorde los van selfstandige naamwoorde, maar met verloop van tyd het sekere woorde 'n betekenis verkry wat anders is as wanneer die woorde los geskryf sou wees, soos byvoorbeeld "goeiemôre" wat 'n groet is, teenoor "goeie môre" wat die toestand van die oggend beskryf.
Let wel dat "Goeiemore" (sonder die kappie op die "o") ook korrek is.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die minister sê meer klem moet op die ........ en veiligheid van straatkinders geplaas word.
8 % (afgerond)wel en wee
9 % (afgerond)welvaart
83 % (afgerond)welsyn 
1 % (afgerond)welwillendheid

Die woord "welsyn" verwys na die 'gesondheid en voorspoed van ’n persoon of groep'; die woord "welvaart" verwys na 'voorspoed' of 'rykdom'; "wel en wee" is die 'goeie en slegte dinge'; "welwillendheid" verwys na 'goedgesindheid'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties