18 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-08-2026 só ingevul:
Identifiseer die FOUT in die volgende sin: Vandag bak ons kolwyntjies, polvyntjies, makrolletjies en skuimpies.
polvyntjies skuimpies makrolletjies kolwyntjies
Die korrekte spelling van "polvyntjies" is "polfyntjies". Dit is 'n fyn versierde koekie (volgens die HAT), maar kan ook verwys na 'n geskenkie of voorwerp wat herinneringe aan iets of iemand oproep (volgens die WAT). Moenie "polfyntjie" met "polvy" (verkleinwoord: "polvytjie") verwar nie; 'n polvy is die hak van 'n skoen.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die sanggroep wat Vrydagaande in die burgersentrum optree, sing net ........ liedjies.
populêre populêr pôpulêr pôpulêre
Byvoeglike naamwoorde wat voor die selfstandige naamwoord wat beskryf word staan, kry 'n "-e" (attributiewe "-e").
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Wat noem ons ʼn inwoner van Addis Abeba?
Addis Arabier Addis Abebaër Addis Abebaan Addis Abebiet
Iemand wat van Addis Abeba (hoofstad van Etiopië/Ethiopië) kom, word ʼn "Addis Abebiet" genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Die verskil is so onbeduidend dat ’n mens dit nie eens opmerk nie. 'n Sinoniem vir die woord "onbeduidend" in bogenoemde sin is ........ .
futiel miniem funes bomatig
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. "Miniem" is 'buitengewoon klein, onbeduidend, gering';"funes" is 'verderflik, noodlottig, rampsalig, droewig, treurig'; "futiel" is 'nutteloos, vrugteloos, vergeefs'; "bomatig" is 'buitengewoon'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)