11 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-08-2026 só ingevul:
Die ou bus rammel in die straat af. Wat is die woordsoort van "rammel" in bostaande sin?
werkwoord bywoord byvoeglike naamwoord selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Byvoorbeeld, "rammel - gerammel".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Hier is vir jou ’n ........ by die nagereg.
hanepoot of Hanepoot slegs Hanepoot slegs hane poot slegs hanepoot
ʼn Samestelling ("hanepoot") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("haan" en "poot") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die "e" is ’n verbindingsklank. Wynkultivars kan met hoof- of kleinletters geskryf word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Die ........ se waarde daal by die dag.
Rand rand
Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.
........ , julle moet tog môre skool toe gaan, terwyl ek by die huis mag bly!
Wê We Whê
Tussenwerpsels is kort woorde ("wê"), gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)