3170 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Hoof- of kleinletter

Die name van diererasse, kultivars en plantsoorte word met hoof- of kleinletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • Holstein of holstein
  • Merino of merino
  • Shiraz of shiraz
  • Brie of brie
  • Port of port

 Byvoeglike en selfstandige naamwoorde wat van eiename afgelei is, word met hoof- of kleinletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • Bybels of bybels
  • Gregoriaans of gregoriaans
  • Jesuïet of jesuïet
  • Christen of christen

Byvoeglike en selfstandige naamwoorde wat van taalname of geografiese eiename afgelei is, word egter slegs met hoofletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • Suid-Afrikaner, Amerikaner, Nederlander, Paarliet
  • Afrikaanse, Engelse, Nederlandse, Griekse

Afleidings van woorde wat eindig met -is, -isme, -istiek en -isties word met hoof- of kleinletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • Boeddhis of boeddhis
  • Anglisisme of anglisisme
  • Germanistiek of germanistiek
  • Neerlandisties of neerlandisties

 

 






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties