4122 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Geldeenhede

Ons skryf die name van geldeenhede altyd met kleinletters, maar afkortings met hoofletters. Byvoorbeeld:

  • Die waarde van die rand het gedaal, maar die boek kos R199,95.


Daar kom geen spasie tussen die teken vir 'n geldeenheid en die syfer nie om die risiko van vervalsing op tjeks en ander dokumente te voorkom. Byvoorbeeld:

  • R192,35
  • 56c
  • £30
  • €500

 

Lees meer

Lees in reël 9.16 in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls meer oor die name van geldeenhede in Afrikaans. 

 

 






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties