10 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-08-2026 só ingevul:
Die kerktoring word herstel en is daarom omring deur steiers. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "steiers" in bostaande sin?
massaname eiename abstrakte naamwoorde soortname
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "steier", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ses mense is in 'n ongeluk op die M2-snelweg naby Germiston aan die ........ dood.
oosrand Oos-Rand Oos-rand oos-rand
Geografiese name wat 'n rigting aandui en uit 'n eienaam bestaan, word met 'n koppelteken vas geskryf. (AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Plekname.
Constant het altyd ʼn ........ antwoord reg.
gevatte gevate gevat
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die "t" word verdubbel om die "a"-klank kort te hou.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Idioom: 'n ........ maak 'n plaas.
Boer Baas Voorman Arbeider
Hierdie idioom beteken 'die gehalte van 'n boerdery hang van die boer af'.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)