0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-08-2026 (vlak 1)



vorige toets 07 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-08-2026 só ingevul:



Hy help ........ om die gras te sny, maar dan sit hy heeldag onder ʼn boom.
11 % (afgerond)kastig
80 % (afgerond)kastig of kamstig 
9 % (afgerond)kamstig

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "kastig – kamstig", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant", "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



My ouma het verlede week vrugte ........ .
2 % (afgerond)in gemaak
geïnmaak
98 % (afgerond)ingemaak 
geinmaak

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Idioom: Marianne is gewoonlik Saterdagoggende vroeg uit die ........ .
2 % (afgerond)huis
1 % (afgerond)nagklere
96 % (afgerond)vere 
kombuis

Die uitdrukking "vroeg uit die vere" beteken 'vroeg in die môre opstaan. (Bron: HAT).
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die park is omtrent 2 km hiervandaan.
Wat is die woordsoort van "omtrent" in bostaande sin?
6 % (afgerond)voornaamwoord
26 % (afgerond)adjektief
57 % (afgerond)bywoord 
11 % (afgerond)voegwoord

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe (ver) is die park? Die antwoord: ongeveer.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties