06 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-08-2026 só ingevul:
Die minister het in sy ........ weer klem op besparing gelê.
epilloog eppilloog epiloog eppiloog
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "epiloog", “kibboets”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Dit was sekerlik die ........ jaar wat ek nog beleef het. Absoluut alles het verkeerd geloop.
mees rampspoedigste mees rampspoedig rampspoedigste rampspoed
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “rampspoedig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “rampspoediger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die rampspoedigste”.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Ons sal vir ........ kon vra om waar te neem as voorsitter.
van der Walt van der walt Van Der Walt Van der Walt
Indien vanne uit drie los geskrewe dele bestaan, begin die eerste en laaste deel met 'n hoofletter en die middelste deel met 'n kleinletter (byvoorbeeld "Van der Walt"). As 'n voorletter of voornaam dit voorafgaan, begin slegs die laaste deel van die van met 'n hoofletter (byvoorbeeld "Pieter van der Walt").
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Die amptenaar is ses maande lank geskors en voorts met R20 000 beboet. Wat is die woordsoort van "voorts" in bostaande sin?
bywoord selfstandige naamwoord voegwoord byvoeglike naamwoord
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe is die amptenaar geskors? Die antwoord: voorts.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)