30 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-07-2026 só ingevul:
Jy sien min van hulle, omdat hulle ........ diere is.
slegs skue skuwe of skue sku of skuwe slegs sku
Oop eenlettergrepige vorme op "-u" word met 'n "-w-" geskryf as dit met 'n attributiewe "-e" voorkom. Die AWS erken beide "sku" en "skuwe in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Herman se ........ glimlag het stelselmatig vir Sanet begin irriteer, want sy het gevoel dat hy daardeur sy werklike emosies vir haar weggesteek het.
stereotiepe stereotipe stereotipie
Die homofone "stereotiepe" en "stereotipe" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "stereotiep(e)" (byvoeglike naamwoord) beteken 'onveranderlik' of 'altyd dieselfde'. Daarteenoor beteken "stereotipe" (selfstandige naamwoord) 'n 'oordrewe beeld van 'n groep mense wat nie noodwendig met die werklikheid strook nie'.
Sien ook die bladsy Homofone.
Dit is beter vir 'n mens se gesondheid om ........ te wees.
vergewingsgesind vergewengesind vergewing-gesind vergewensgesind
Daar kom feitlik altyd 'n verbindingsklank voor wanneer die tweede komponent van ’n samestelling "-halwe", "-waardig", "-weë" of "-gesind" is.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Hoe sê ons "chartered accountant" in Afrikaans?
geoktrooieerde rekenmeester ge-oktroëerde rekenmeester ge-oktrooieerde rekenmeester geoktroëerde rekenmeester
'n "Oktrooi" is 'n vergunning om handel te dryf. As jy so 'n oktrooi ontvang het om handel te dryf, is jy geoktrooieerd.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)