0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 28 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-07-2026 só ingevul:



Emma tap water in die kom om skottelgoed te was.
Wat is die woordsoort van "kom" in bostaande sin?
1 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
98 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)werkwoord
voegwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "kom - die kom - komme".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die mense wat in daardie woonbuurt woon, is almal baie ........ .
94 % (afgerond)welaf 
3 % (afgerond)wêlaf
1 % (afgerond)wêllaf
2 % (afgerond)wellaf

ʼn Samestelling (“welaf”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“wel” en “af”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Sal ........ die geleentheid kan bywoon, mevrou?
19 % (afgerond)U
81 % (afgerond)u 

Die hoflikheidsvorm wat na mense verwys, word met 'n kleinletter geskryf. Die aanspreekvorm wat vir hoogwaardigheidsbekleërs gebruik word, word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Idioom: Moenie ........ honde wakker maak nie.
bruin
99 % (afgerond)slapende 
mooi
1 % (afgerond)blaffende

Die idioom "moenie slapende honde wakker maak nie" beteken ‘laat sake staan wat onaangename gevolge kan hê’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties