1881 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-07-2026 (vlak 2)



vorige toets 27 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-07-2026 só ingevul:



Sonder oefening sal jy nie fiks raak nie.
Wat is die woordsoort van die woord "fiks" in bostaande sin?
34 % (afgerond)adjektief 
4 % (afgerond)voegwoord
21 % (afgerond)werkwoord
41 % (afgerond)bywoord

’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “fikse” atleet. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “fiks”, “fikser”, “fiksste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die party het swak gevaar in die onlangse ........ .
61 % (afgerond)plaaslikeregeringsverkiesing 
38 % (afgerond)plaaslike regeringsverkiesing
plaaslike regerings verkiesing
plaaslike regering verkiesing

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "hoëhakskoen", "plaaslikeregeringsverkiesing", "konstantesnelheidslasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Hierdie kookboek bevat eenvoudige resepte vir heerlike, ........ kos.
huilsaam
3 % (afgerond)heilsaam
1 % (afgerond)huilsame
96 % (afgerond)heilsame 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("heilsaam"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Idioom: Die ........ op sy kop slaan.
99 % (afgerond)spyker 
1 % (afgerond)speld
1 % (afgerond)hamer

Hierdie idioom beteken 'net die regte ding sê'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties