1929 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 26 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-06-2026 só ingevul:



Ons sal ........ by die konferensie - dit is 'n belangrike byeenkoms van kenners in die bedryf.
47 % (afgerond)profiteer 
2 % (afgerond)profitteer
50 % (afgerond)profeteer
1 % (afgerond)profetteer

Die woorde "profiteer" wat 'baat vind' beteken en "profeteer" wat 'die toekoms voorspel' beteken, is homofone van mekaar omdat hulle verskillend gespel word, verskillende betekenisse het, maar dieselfde uitgespreek word.
Sien ook die bladsy Homofone.



Idioom: Voel soos 'n kraai in ........ .
76 % (afgerond)pouvere 
5 % (afgerond)Pretoria
3 % (afgerond)pelse
16 % (afgerond)Palestina

Die idioom "voel soos 'n kraai in pouvere" beteken 'baie ongemaklik voel'. Dit kom na aanleiding van die fabel van Esopus oor die kraai en die poue. Die kraai het vere opgetel van die poue wat verveer het en dit aan sy stert vasgemaak. Toe hy naby die poue kom, het hulle die bedrog agtergekom, hom gepik en sy geleende vere afgepluk. Hy moes toe terugkeer na die ander kraaie, wat ook met hom geraas het omdat hy met geleende vere wou pronk.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ek kan nie vanaand gaan fliek nie; ek is ........ .
99 % (afgerond)platsak 
1 % (afgerond)plat sak
1 % (afgerond)plat-sak
plats sak

Byvoeglike naamwoorde ("plat") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde ("sak") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die kwaai vrou het haar man 'n klap deur sy gesig gegee.
Die klap van die geweer het my laat skrik.
Die woord "klap" in bostaande sinne is 'n ........ .
1 % (afgerond)antoniem
10 % (afgerond)poliseem
2 % (afgerond)sinoniem
87 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “klap” (‘hard teen die gesig slaan’) en “klap” (‘harde plofgeluid’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties