21 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-05-2026 só ingevul:
Ons het vandag 'n ........ in die klasopgevoer waar Rooikappie deur die wolf gevang word.
dramaa'tjie dramaatjie drama'tjie dramatjie
Indien 'n woord op 'n kort "a" eindig, kry dit nie in die verkleiningsvorm 'n afkappingsteken nie. Wanneer die word op 'n lang "a" eindig, kry dit wel 'n afkappingsteken in die verkleiningsvorm. Byvoorbeeld: "drama - dramatjie", maar "hoera - "hoera'tjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Sonet se skoonma is ........ op hoe sy die kinders opvoed.
hipirkrities hiperkrities hieperkrities hiepirkrities
Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, byvoorbeeld in die voorvoegsel "hiper-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
In hierdie kursus behandel ons die persoon en rol van die profeet in die ........ beskawings.
nabye-Oosterse nabye Oosterse Nabye Oosterse Nabye-Oosterse
Afleidings van woordgroepe van eiename word los geskryf (AWS 9.19).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Bruce Fordyce het die Comrades- ........ al nege keer gewen.
slegs maraton slegs marathon maraton of marathon mareton of marethon
Die AWS erken beide spellings "marathon" en "maraton".
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)