2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 18 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-05-2026 só ingevul:



Besoekers word gemaan om die terrein ........ te benader.
85 % (afgerond)versigtig 
15 % (afgerond)omsigtig

Die woorde "versigtig" en "omsigtig" is grootliks sinonieme, maar "omsigtig" word meer figuurlik gebruik en beteken 'met oorleg', 'nie halsoorkop nie', byvoorbeeld 'n delikate situasie. Die woord "versigtig" beteken 'behoedsaam om gevare of probleme te vermy'.
(Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Is ........ ook onder die profete?
('n Spreekwoord wat gebruik word om verbasing uit te druk as iemand iets besonders doen, of as jy iemand aantref waar jy hom nie verwag nie.)
15 % (afgerond)Jakob
63 % (afgerond)Saul 
11 % (afgerond)Dawid
11 % (afgerond)Eli

'n Spreekwoord is 'n stukkie waarheid of wysheid wat in die volksmond ontstaan het en wat as ‘n algemene waarheid beskou word.
Hierdie spreekwoord kom uit die Bybel (1 Samuel 10:11,12).

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ is verantwoordelik vir verlof en nuwe aanstellings.
1 % (afgerond)menslike hulpbron bestuurder
8 % (afgerond)menslike hulpbronbestuurder
90 % (afgerond)menslikehulpbronbestuurder 
2 % (afgerond)menslike hulpbron-bestuurder

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "menslike" + selfstandige naamwoord "hulpbron") en ʼn selfstandige naamwoord "bestuurder".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Wat is die korrekte manier om die woord "voël" oor twee reëls af te breek?
29 % (afgerond)vo-el of vo-ël 
37 % (afgerond)voël (onafbreekbaar)
7 % (afgerond)vo-el
28 % (afgerond)vo-ël

Indien 'n woord wat normaalweg met 'n deelteken geskryf word, aan die einde van 'n reël afgebreek moet word, is die deelteken opsioneel (AWS 1.7). Die koppelteken neem as 't ware die funksie van die deelteken oor.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties