13 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-05-2026 só ingevul:
Die pos sal in die naweekkoerante ........ word.
geadverteer adverteer adgeverteer
By woorde wat uit meer as twee lettergrepe bestaan en op “-eer” eindig, is die “ge-” in die verledetydsvorm verpligtend (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Julle sal ........ aan die nuwe onderwyser gewoond raak.
mettertyd mettertyt metertyd metertyt
’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel, byvoorbeeld "mettertyd", "dubbel", "saggies" (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Tydens die oorlog het baie mense uit vrees vir gifgasaanvalle ........ gedra.
gasmaskers gas-maskers gas maskers gasmaskere
ʼn Samestelling ("gasmasker") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("gas" en "masker") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Watter soort roomys wil jy hê; sjokolade of ........ ?
wenielje vanilje vanielje venielje
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "vanielje", "hidroulies" en "kwadrupleeg".
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)