06 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-05-2026 só ingevul:
Terwyl ons betaal het, het die eerste kabelkar teen die berg ........ .
opgegaan geöpgaan op gegaan geopgaan
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Die honde lê in die skaduwee en ........ van die hitte.
heig hyg huig
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Ek sal 'n ........ moet kry om by my doelwitte uit te kom.
vyfjaar plan vyf jaarplan vyfjaarplan vyf jaar plan
Samestellende samestellings bestaan tipies uit die verbinding tussen 'n woordgroep ("vyf" + "jaar") en 'n selfstandige naamwoord ("plan") en word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die ........ se klank kan ’n mens meevoer.
tjello tjelo chello cello
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)