2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 05 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-05-2026 só ingevul:



By Keukenhof in Nederland het ons die ........ tulpe gesien.
99 % (afgerond)pragtigste 
pragtiger
mees pragtig
1 % (afgerond)mees pragtigste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “pragtig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “pragtiger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die pragtigste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Kersfees in Europa met die ........ teen die venster sal my altyd bybly.
1 % (afgerond)flokies
87 % (afgerond)vlokkies 
2 % (afgerond)vlokies
11 % (afgerond)flokkies

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Hier is vir jou ’n ........ by die nagereg.
7 % (afgerond)hanepoot of Hanepoot of Haanpoot
23 % (afgerond)slegs hanepoot
14 % (afgerond)slegs Hanepoot
56 % (afgerond)hanepoot of Hanepoot 

Wynkultivars kan met hoof- of kleinletters geskryf word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Ons moet 'n potjie ........ gaan speel.
16 % (afgerond)golf
84 % (afgerond)gholf 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties