20 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-04-2026 só ingevul:
Sy trek haar aandrok aan en ........ haar gesig vir die dinee.
grimeur grimeer grumeur grumeer
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "grimeur" in plaas van die korrekte "grimeer".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die ........ episode word vanaand uitgesaai.
finale finaal finaale
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Dis ........ Koekemoer wat volgende by die kongres gaan praat.
mevrou of Mevrou slegs Mevrou slegs mevrou
Waar aanhefvorme nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
'n Antoniem vir die woord "verkeerd" is ........ .
onjuis foutief reg
Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)