2115 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 17 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-04-2026 só ingevul:



As jy 'n tweede eiendom het en jy wil dit verkoop, is jy ........ aan kapitaalwinsbelasting.
1 % (afgerond)onnerhewig
4 % (afgerond)onderheuwig
95 % (afgerond)onderhewig 
onnerheuwig

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die “n” en die “d” in “onderhewig”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Idioom: Ek voel dit aan my broek se ........ .
2 % (afgerond)gulp
71 % (afgerond)naat 
27 % (afgerond)pyp
1 % (afgerond)plooi

Die idioom "ek voel dit aan my broek se naat", beteken 'ek vermoed iets'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



'n ........ is buite ons dorp opgerig vir die soldate wat in die oorlog gesneuwel het.
8 % (afgerond)heldeakker
7 % (afgerond)Helde akker
85 % (afgerond)Heldeakker 
1 % (afgerond)helde akker

Die woord "heldeakker" is 'n samestelling van woorddele "held" en "akker" asook die verbindingsklank "e". Samestellings word vas geskryf. Dit is 'n fout om woorde wat 'n verbindingsklank vereis, sonder 'n verbindingsklank te skryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die egpaar is op goeie voet ........ .

79 % (afgerond)uitmekaar 
8 % (afgerond)uit mekaar uit
14 % (afgerond)uit mekaar

In die betekenis 'uiteen' skryf ons "uitmekaar" as vas; in die betekenis 'apart' skryf ons dit los. Byvoorbeeld, die egpaar is uitmekaar, maar die regering sukkel om die twee strydende faksies "uit mekaar" te hou. Die uitdrukking "uit mekaar uit" is nie standaard nie, maar kom dikwels in die spreektaal voor.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties