18 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-03-2026 só ingevul:
Die welwillendheidsorganisasie hou vandeesweek 'n ........ om rondloperkatte in die buurt te steriliseer.
katsterilisasie-dag kat-sterilisasie-dag kat sterilisasie dag katsterilisasiedag
ʼn Samestelling (“katsterilisasiedag”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kat” "sterilisasie" en “dag”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
'n Leerkrag met 'n vuurwapen kan 'n aanval ........ baie vinnig ........ stopsit, sê die woordvoerder.
enkelaanhalingstekens geen leestekens aandagstrepe dubbelaanhalingstekens
Dubbelaanhalingstekens word gebruik om aan te dui dat 'n woord, frase of selfs 'n lang sin aangehaal word. (AWS 13.4)
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Ná drie koppies filterkoffie en twee cappuccino's is Paul nou ........ .
wawydwakker wa-wyd-wakker wawyd wakker wa wyd wakker
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die Speaker van die ........ was in 2014 me. Baleka Mbete.
Parlement Parlement of parlement parlement
'n Ampsbenaming ("speaker") wat na 'n individu verwys, of die naam van 'n instelling ("parlement") begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)