2114 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 18 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-03-2026 só ingevul:



Die koeël het sy hart ........ .
6 % (afgerond)deurgeboor
93 % (afgerond)deurboor 
1 % (afgerond)gedeurboor

Wanneer die hoofklem van ’n woord op die laaste lettergreep val, word die voltooide deelwoord sonder "ge-" gevorm (AWS 17.2 a).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Jy is heeltemal te ........ ; jy moenie mense sommer net so vertrou nie!
goet gelowig
5 % (afgerond)goed gelowig
1 % (afgerond)goetgelowig
95 % (afgerond)goedgelowig 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Daar is ernstige ........ op die dorp oor waar die nuwe pad gebou moet word.
97 % (afgerond)tweedrag 
twiedrag
twee drag
2 % (afgerond)twee-drag

ʼn Samestelling ("tweedrag") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("twee" en "drag") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die woord "bus" in die volgende sinne is ’n ........ .
Ry jy met die trein of die bus?
In watter bus moet ek die pos plaas?
1 % (afgerond)sinoniem
92 % (afgerond)homoniem 
5 % (afgerond)homofoon
2 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "bus" (‘voertuig’) en "bus" (‘houer’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties