03 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-03-2026 só ingevul:
Die president van die land is 'n ........ leier en veroorsaak nie enige krisisse nie.
gematigte gematig gematige gematigde
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die "d" is deel van die oorspronklike stam soos ons dit uit Nederlands gekry het.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die kerk hou 'n ........ om geld vir 'n nuwe klankstelsel in te samel.
fonds insameling vondsinsameling vonds-insameling fondsinsameling
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 27 April gevier word?
Vryheidsdag Stigtingsdag Demokrasiedag Verkiesingsdag
Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Chris is ons ........ op die gebied van sport.
ghuru guru ghoeroe goeroe
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)