2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-02-2026 (vlak 3)



vorige toets 27 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-02-2026 só ingevul:



Daardie winkel verkoop ........ .
21 % (afgerond)damessandale en mansskoene
8 % (afgerond)damesandale en mansskoene
7 % (afgerond)damessandale en manskoene
63 % (afgerond)damesandale en manskoene 

As die eerste komponent van 'n samestelling in die enkelvoud nie op 'n "-s" eindig nie en die tweede komponent met 'n "s" begin, word 'n verbindings"-s" nie geskryf nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Wat is die korrekte manier om die woord "bauxiet" oor twee reëls af te breek?
48 % (afgerond)bau-xiet
52 % (afgerond)baux-iet 

As "x" tussen vokaalletters staan, word daar ná die "x" afgebreek (AWS 1.16).
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



Idioom: Die kind met die ........ uitgooi.
98 % (afgerond)badwater 
vullis
klere
2 % (afgerond)skottelgoedwater

Hierdie idioom beteken 'so oorywerig wees om foute aan te toon en uit te roei dat dit wat ook goed is, verwerp word'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ was 'n godsdienstige beweging wat in 1517 deur Martin Luther begin is en wat uiteindelik gelei het tot die verdeling van die Westerse Christendom in katolieke en protestantse strominge.
70 % (afgerond)slegs Hervorming 
4 % (afgerond)slegs hervorming
25 % (afgerond)Hervorming of hervorming

Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels). Sien reël 9.9 in die AWS.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties