27 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-02-2026 só ingevul:
Hulle het 'n ........ op die stoep laat aanbring om die honde daarvan af te hou.
reëling reling
"Reling" en "reëling" is homofone van mekaar, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse het en ook verskillend gespel word. 'n "Reling" verwys na 'tralies of 'n omheining', terwyl "reëling" 'n 'skikking, bepaling of vasstelling' is.
Sien ook die bladsy Homofone.
Idioom: Hoë ........ vang die meeste wind.
torings geboue bome berge
Die idioom, "hoë bome vang die meeste wind" beteken 'belangrike mense kry die meeste kritiek'. Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Wanneer iemand sonder moed is, is die korrekte woord daarvoor ........ .
moed loos moedeloos moedsloos moedloos
Die verbindingsklank is 'n vorm wat slegs in komplekse woorde optree tussen bepaalde stamme of tussen 'n stam en 'n affiks.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Marlene het ........ deur die lewe gegaan en 'n ongelukkige vrou gesterf.
verbitterd verbitterd of verbitter verbitter
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “verbitter – verbitterd”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)