2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-02-2026 (vlak 3)



vorige toets 26 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-02-2026 só ingevul:



Die manlik van "masseuse" is ........ .

masseer
92 % (afgerond)masseur 
massees
7 % (afgerond)masseus

'n "Masseur" is 'n man wat mense wat byvoorbeeld sportbeserings het, masseer.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Benita wil graag 'n engel op haar enkel laat ........ .
17 % (afgerond)tatoeër
82 % (afgerond)tatoeëer 
tatoeheer
1 % (afgerond)tatoeeer

Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die pasiënt is tans in die ........ , maar behoort binnekort na die gewone saal oorgeplaas word.
1 % (afgerond)hoë sorg eenheid
5 % (afgerond)hoë-sorgeenheid
2 % (afgerond)hoë sorgeenheid
92 % (afgerond)hoësorgeenheid 

As die lengte van 'n saamgestelde woord lees bemoeilik, kan 'n koppelteken tussen die samestellende dele gebruik word, maar die koppelteken moet nie tussen die byvoeglike naamwoord ("hoë") en die daaropvolgende selfstandige naamwoord ("sorg") geskryf word nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



'n Jong geestelike wat 'n biskop in die Rooms-Katoliek Kerk bystaan, noem ons 'n ........ .
1 % (afgerond)akkeliet
18 % (afgerond)akkoliet
79 % (afgerond)akoliet 
2 % (afgerond)akeliet

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “akoliet”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Die woord "akoliet" kom uit Grieks "akolouthos" wat 'volgeling' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties