25 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-02-2026 só ingevul:
As beroepsfotograaf is dit nog Arno se wens om 'n ........ op Chapmanspiek af te neem.
bruid-paar bruidepaar bruidspaar bruidpaar
In samestellings met "bruid" as eerste stam word die verbindings-"s" gebruik, byvoorbeeld "bruidsprys", "bruidsmotor" en "bruidsrok". Wanneer die tweede stam met 'n "s" begin, word slegs een "s" geskryf, byvoorbeeld "bruidskat".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die polisie se ........ om by 'n misdaadtoneel op te daag het vanjaar aansienlik verbeter.
reaksie-tyd reäksietyd reäksie tyd reaksietyd
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “reaksietyd”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: 'n Leë ........ maak baie geraas.
kantien skottel bottel kroeg
Die idioom "'n leë kantien maak baie geraas", beteken die luidrugtigste mense het gewoonlik nie die meeste verstand nie. 'n Variasie op die idioom is "leë blikke maak die meeste geraas". (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Koningin Máxima Zorreguieta van Nederland se dogter, ........ Catharina-Amalia, verjaar binnekort.
Princes Prinses princes prinses
Wanneer titels in die middel van 'n sin gebruik word, word dit met kleinletters geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)