23 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-02-2026 só ingevul:
Jake het gister vir my 'n bietjie malie geleen. "Malie" is 'n Afrikataalleenwoord wat ........ beteken.
groente vleis geld pap
Afrikaans word verryk deur woorde by ander tale te leen. Sommige gewone woorde wat Afrikaans aan Afrikatale ontleen het, behou hulle oorspronklike vorm.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.
Die Opposisie se aantygings ........ .
gaan nie op nie hou nie gaan nie af nie hou nie water nie
Die Engelse uitdrukking "it does not hold water" is in Afrikaans "dit gaan nie op nie". (Bron: Pharos)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Ons was die naweek by die dieretuin; die kinders het veral die ........ geniet met die leeus en tiere.
groot kat-afdeling groot kat afdeling groot katafdeling grootkatafdeling
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "groot" + selfstandige naamwoord "kat") en ʼn selfstandige naamwoord "afdeling".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die akroniem vir die "Instituut vir Taal- en Kunstenavorsing" is ........ .
INSTK ITK INTAK IVTK
'n Akroniem is 'n tipe afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)