Idioom: Drie maal is ........ .
skeepsreg gelukkig totaal stuurwal
Die idioom "drie maal is skeepsreg", beteken 'die derde poging geluk gewoonlik'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die gaste het ʼn ........ voor die kerk gevorm.
ere wag eerwag erewag eerewag
ʼn Samestelling (“erewag”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“eer” en “wag”) bestaan. Die "-e-" is 'n verbindingsklank. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die advertensie van die nuwe ........ wek die indruk dat wanneer jy dit dra, die meisies in hordes agter jou aan sal loop.
deodorant deodorand deoderant diodorand
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. Die woord "deodorant" is ontleen uit die Engels.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)